Ons toere vir 2012
|
Oor Solitaire en Spreetshoogtepas Mariana skud vir ons vroeg uit die bed en ons slaan kamp op, bad en drink koffie voordat ons vertrek. Ons ry via Bullsport na Solitaire waar ons heerlik smul aan appeltert en blue berry melting delight. Ons ry daarna rustig en maak ‘n draai by Gheko Camp maar besluit om verder te ry. Ons gaan oor Spreetshoogte pas en kamp by die Namibgrens plaas op ‘n pragtige kampplek. Ek maak vir ons ‘n hoenderpotjie. Ons slaap nie in ons tent nie aangesien daar ‘n groot weermag afdaktent op elke kampplek is en ons dus sommer “buite” slaap. Ons was weer om 18:00 in die bed toe dit koud en donker raak.
|
| 175 Words | This page has been read 33 times | View Printable Version |



