21st Jun 2012 - Ons toer in Namibië 2012
Steeds op Palmwag
Ons slaap laat (6:30) en na ‘n ontbyt gaan neem ons ‘n permit uit om in die konsessiegebied te gaan ry. Oppad sien ons volstruise, springbokke, gemsbokke, kudu’s, sebra’s en kameelperde. Die tweespoor paadjie raak egter te veel van ‘n uitdaging vir my Terios en ons besluit om maar nie verder te ry nie en gaan terug kamp toe. Ek gooi petrol in en kom met my bandmonitor agter dat een van my agterwiele moontlik stadig lek. Ons blaas dit op en gaan kamp toe waar ek begin om ‘n potjiekos aanmekaar te slaan. Later vind ek dat die agterwiel wel lek en ek laat dit by die lodge se werkswinkel regmaak. Ons sien weer die olifant in die rivier tussen die riete. Ons smul heerlik aan die potjie en gaan drink daarna ‘n skemerkelkie in die poolbar. Môre ry ons deur die Skedelkuspark na Swakopmund.
|