Sign up your free travel blog today!
Email: Password:
Our Blog Our Photos Our Diary Our Movies Our Map Message Board
Buy DVD

Buy Gift Voucher

Ons toere vir 2012
No Photos 24th Jun 2012 - Ons toer in Namibië 2012
Ons terugtog begin

Toe die son opkom staan ons op om foto’s te neem van die pragtige kleure op die berg. Ons drink koffie, pak op en ry rondom die Spitzkoppe voordat ons in die pad val na Windhoek. Ons stop halfpad vir lekker tee, koffie, muffins en sjokolade koekies onder ‘n doringboom, met komplimente van Adri! Terug in Windhoek by Johan-hulle se huis, stort ons en vertrek nadat Adri ons bederf het met eierbroodjie. Mariana en ek stoot aan met die hoop om Mariental tehaal. Oppad bespreek ons plek by die Mariental Hotel en haal dit net na donker. Ons eet lekker by die hotel se restaurant en gaan slaap vroeg met die gedagte om môre Springbok te haal waar ons reeds plek bespreek het by die Blue Diamond Lodge. Met die skoolvakansie wat reeds begin het was dit moeilik om hoegenaamd plek te kry!



Next: Mariental na Springbok
Previous: Spitzkoppe



207 Words | This page has been read 114 timesView Printable Version