|
Ons laaste dag en fluit-fluit ons storie is uit! Ons eet weer lekker ontbyt en stap so teen 09:00 deur Little India na die Mustafa winkelsentrum op aanbeveling van een van die personeel van die hotel aangesien hulle baie elektroniese goed het. Ek was ietwat teleurgesteld maar koop darem memory cards daar. Daarna stap ek na die Sim Lim Square en is aangenaam verras deur die elektroniese goed daar. Eintlik baie opgewonde!! Mariana en ek gaan eet middagtete by ‘n food court in Orchard road. Wat ‘n bargain! Vir die prys van gistermiddag se een bier kry ons elk sop, hoender en rys, Dragon fruit en koeldrank! Ons sluit aan by ons toer na Sentosa eiland en ry met die kabelkarretjie na die eiland. Dit is seker van die mees opwindende kabelkarritte wat ek ervaar het. Daarna gaan ons na die Underwater World waar ons pink dolfyne en robbe sien optree. Die een rob was verstommend wanneer dit kom by die vang van hoepels! Ons ervaar ook ‘n onderwatertonnel. Daar is van die grootste visse en selfs haaie wat lê en slaap! Ons besoek ‘n museum, Merlion en eindig weer by ‘n vuur, water en laser vertoning voordat ons na ons hotel gaan waar ons opgetel word en na die lughawe vertrek. Ons sit nou en wag vir ons vlug wat om 02:10 vertrek. Ek oor 'n dag of wat nog foto's oplaai.
|
|
Steph in kabelkar oppad na Sentosa |
Underwater World |
Underwater World |
|
Merlion op Sentosa eiland |
| 290 Words | This page has been read 183 times | View Printable Version |



