20th Jun 2012 - Ons toer in Namibië 2012
Palmwag
Na ‘n laaste draai by die watergat vertrek ons om 08:30 vanaf Okaukuejo via Outjo en Kamanjab na Palmwag. Ons drink ‘n koffie by die Oppi-Koppi Lodge in Kamanjab. Dit is ‘n oulike plek. Terwyl ons oor die Grootbergpas ry sien ons ‘n olifant langs die pad. Ons kom ongeveer 14:00 by Palmwag aan en kry ‘n heerlike kampplek (nr. 5) teen die rivier. Ons slaan ons tent onder ‘n skadunet op. Ons het ook ons eie toilet en stortgeriewe en kombuis/braaiarea. Ons gaan drink ‘n bier by die poolbar en bespreek plek in die restaurant vir vanaand. Mariana gaan stort terwyl ek my admin doen. Oomblikke nadat Mariana uit die stort uitkom gaan sy terug om die uitsig vanaf die stort oor die rivier af te neem, toe is daar ‘n olifant in die riete vlakvoor ons stort.
|