23rd Jun 2012 - Ons toer in Namibië 2012
Spitzkoppe
Ons het gisteraand heerlik geëet by Driftwood. Vanoggend het ons eers ‘n lekker ontbyt by die Village Cafe genuttig waarna Mariana by die Crystal Gallery ‘n draai gaan maak het terwyl ek ‘n bietjie ”shopping” gedoen het om ons voorrade en lekkernye aan te vul. Ons vertrek om 13:00 uit Swakopmund en ontmoet vir Johan en Adri om 14:30 by die hek na Spitzkoppe. Ons gaan klim op na die Bushman’s Paradise en maak ‘n draai by die rotsboog voordat ons kamp opslaan vir die aand. Dit is vandag Johan en Adri se 17de huweliksherdenking en hulle bederf ons met ‘n heerlike wildsvleis braai met slaaie, vonkelwyn en nagereg!
|